TITEL: Op die klein spoortjies OUTEUR: P.J. Schoeman GENRE: Fiksie/Jeugverhaal ISBN: 9781869192259 SAGTEBAND /AANTAL BLADSYE: 260 Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal terwyl sy familie deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats, Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie, met sy mooi hart, graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Te midde van die tweespalt wat Sakkibiaan se opwagting tussen die jagmaats gebring het, moet hy vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan en met hulle kragte saamspan teen Gaggaboemboem en sy bende. ’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek. Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor … met baie spoortjies daarop.” “Die eier glip uit sy hande. Daar is ’n harde slag, ’n groot miswolk, ’n geklap van vlerke …” When Sakkibiaan, a son of Dorslandtrekkers, gets lost whilst his family are trekking through the Kalahari Desert to Angola, sadness soon makes way for a big adventure. He crosses paths with those of two dark skinned desert people who are hunting buddies called Doemdoempie and Gagaboemboem. Doemdoempie, with his good heart, wants to help his new white brother, but Gagaboemboem with his black heart, wants to make biltong out of Sakkibiaan! In the midst of this discord between the old comrades, Sakkibiaan soon has to learn the secret language of the desert animals and insects in order to team up with them against Gaggaboemboem and his evil gang. A World full of mystery unfold as Doemdoempie, Sakkibiaan and their new family – including the gigantic tree locust called Tjierlabaai, the red-eyed river being Liewenatan and the tame silver backed jackal Peppitan – must face their enemies and trek through the Kalahari. Finally the mission leads Sakkibiaan on a magical pilgrimage which goes to show: “For them who cannot yet answer all of life’s questions, a long path lay ahead … with many footsteps upon it.”
|