TITEL: Baie melk en twie sykers OUTEURS: Anastasia de Vries GENRE: Sketse ISBN: 9781869193454 FORMAAT: 137 x 213 HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband AANTAL BLADSYE: 104 Agtergrond Vir sommige is Ravensmead in die Kaap die gatkant van onse wêreld. Vir ander – soos Anastasia de Vries – hul komvandaanplek, speelplek en droomplek. Hul hartsgronde. Want dis hier in die Lane waar oud en jonk om ’n ghellie kan staan en kan stukke sny; kan lag en kan ghai en kan leef. Jy moet hier gebore word om te verstaan hoe jou hart teen jou ribbes begin skop as jy op Vlaktegrond uitstap en hoe jou “jippe somma so in die loop saam die een-vir-jou-een-vir-my ritme van die Vlaktevrou se lyf optel …” Hier word baie gehuil, maar nog meer gelag – want waar mooi en onmooi halfonverskillig deurmekaargeklits is, daar gebeur die lewe. Background For some people Ravensmead in the Cape is the on the gatkant of the world. For others, like Anastasia de Vries, it is their beloved hometown, playground and place to dream. Home is where the heart is. It is here in the Lane where young and old can gather around a ghellie, laugh and joke and tell stories and live life. You have to be born here to understand the feeling of your heart beating in your chest when you walk on Vlaktegrond and how your “jippe somma so in die loop saam die een-vir-jou-een-vir-my ritme van die Vlaktevrou se lyf optel …” A lot of crying and even more laughing happens in Ravensmead, because when the beautiful and the more unsightly things in life gets mixed up – life happens.
|